Aanhangsel A: Ontleding van Jan Grobler se Handskrif

Die inhoud van hierdie aanhangsel is in sy geheel ontleen van (Grobbelaar, 2012).

Verskeie genealoë gee die stamvader van die Grobbelaars   en Groblers as Johann Grobler aan. Sy handtekening wat in Pama se boek opgeneem is, is soos wat dit in die amptelike dokumente van die VOC verskyn.  Indien hierdie handtekening van hom hieronder van naderby bekyk word, ontstaan groot twyfel of die naam wel Johan(n) kon gewees  het.

Jan Grobler se handtekening

Hy sou sy naam beslis volgens die geskrewe Duitse alfabet geskryf het. Dit is dus nodig om die handtekening met die afbeelding van die alfabet hieronder te vergelyk om duidelikheid te verkry. By die vergelyking moet egter in gedagte gehou word dat hy met ’n gansveerpen sou geskryf  het. Hieronder is ’n weergawe van die alfabet soos dit in die Sprach-Brockhaus  opgeneem is:

Duitse Alfabet soos Aanmekaargeskryf in die 18de eeu

’n Letter vir letter vergelyking en ontleding van sy handtekening (links soos hy dit geskryf het en regs volgens die woordeboek) toon die volgende:

 

 

 

Die J hierbo is duidelik herkenbaar volgens die Duitse skryfwyse.

    

Die probleem met die gansveerpen is hier by die ‘a’ sigbaar, maar dit is tog duidelik dat hy ’n ‘a’ bedoel. Let op dat die  letter ‘a’ regs eers soos ’n ‘o’ gevorm word en dan met ’n verbinding wat soos ’n ‘i’ lyk. In die ‘a’ links is die ‘o’  vervorm deur die gansveerpen, maar kan wel herken word met ’n langer verbinding ná die ‘i’.

   

Die wyse waarop die ‘n’ regs gevorm word, toon duidelik wat hy in gedagte gehad het, maar wat ook deur die gansveerpen verhinder is.

Uit hierdie letter-vir-letter vergelyking van die naam is dit duidelik dat die man wat hier geskryf het se naam Jan was en beslis nie Johan(n) nie. Sou dit Johann gewees het, dan moes daar in die handtekening ook voorsiening gemaak gewees het vir die ‘h’ wat soos hieronder gevorm word en beslis  nie  daarin voorkom nie.

Sou nog geargumenteer word dat die naam Johann ook as Juan of Joan geskryf kon gewees het, maak dit ook nie sin nie, want die ‘u’ in die geskrewe alfabet lyk soos volg:

Die letter ‘u’ kan glad nie in die handtekening ingelees word nie, want sonder die ‘kappie’ is dit ’n ‘e’.

Hierdie vergelyking van die letters bewys duidelik dat die naam van die stamvader Jan was en nie Johann in enige variant geskryf nie. Ook die monsterrolle vir werknemers van die VOC en die opgaafrolle vir vryburgers bevestig die naam Jan. Vanaf 1708 tot 1713 toe hy in diens van die VOC gestaan het, word sy familienaam of van deurgaans verskillend gespel:

Jan Groepelaar in 1708.
Jan Groebeler in 1710.
Jan Grobber of Grobleer in 1711.
Jan Grobbelaar in 1712.
Jan Grubelaar in 1713.

Dit is opvallend dat sy naam konsekwent as Jan aangegee word, terwyl die spelling van die van Grobler van jaar tot jaar gewissel het. Hierdie variasie bevestig die feit dat in die Nederlands van die argivale dokumente van die 17de en 18de eeue daar geen standaard spelwyse bestaan het nie. Dieselfde naam of van is deur twee klerke of kosters verskillend gespel omdat hulle foneties neergeskryf het  wat hulle gehoor het.