Groblers Buite Suid Afrika

Die van Grobbelaar het in Suid Afrika onstaan as ‘n verhollandsing van Grobler, so mens kan met redelike sekerheid sê dat alle Grobbelaars wêreldwyd is van Suid Afrikaanse oorsprong.  Grobler se oorsprong was in Europa en alhoewel daar Groblers van Suid-Afrikaanse oorsprong wêreldwyd is, is dit moontlik dat van die Groblers elders in die wêreld afstam van dieselfde voorouer/s as Jan Grobler wat na Suid Afrika immigreer het.   Om dit uit te pluis moet mens kyk na Grobler rekords van voor 1705 (toe Jan Grobler na Suid Afrika immigreer het) wat nogal ‘n uitdaging is.   Die totstandkoming van die Internet het so soektog egter baie aangehelp.  My soektog na die voorsate van Jan Grobler het ook ander interessanthede opgelewer van Groblers elders in die wêreld wat ek hier weergee.