Hedendaagse Verspreiding in Duitsland

Grobler is nie hedendaags algemeen in Duitsland nie.  In Duitsland is daar slegs 84 telefoonboek inskrywings met die van Grobler en ongeveer 224 persone met hierdie van, asook 55 telefoonboek inskrywings met die van Gröbler en ongeveer 146 persone met hierdie van.  In ‘n bevolking van 81.4 miljoen is dit ‘n nietige persentasie.

Die Groblers bly in 36 stede en distrikte. Die grootste enkele aantal is in Jerichower Land, naamlik 9.  Ander distrikte/stede met Groblers is Altmark Salzwedel (8), Verden (7), Neunkirchen (6), Hildesheim (4), Bremen (4) Essen (4), Esslingen (4), Stendal (4) en Neumünster met drie inskrywings.  Tog is dit interessant dat vier distrikte met hoër konsentrasies nl. Jerichower Land, Stendal, Altmark Salzwedel en Ohrekreis (die 2 rooi, oranje en geel aangrensende areas op die kaart onder) rondom Tangermünde geleë is.

Verspreiding van Grobler in Duitsland

Die Gröblers bly in 27 stede en distrikte met die hoogste aantal (9) in Heidenheim.  Dit lyk vir my of daar ‘n redelike korrelasie is tussen die liggings van hedendaagse Groblers en Gröblers as ek die kaarte bo en onder vergelyk.

Verspreiding van Gröbler in Duitsland