Kaarte

Die kaarte wat ek gebruik het is dieselfde paskaarte  wat deur die VOC navigators sou gebruik geword het, want die verwysingspunte is in Nederlands en meer belangrik is dat die verwysingspunte se moderne name heel anders kan wees as destyds, en baie daarvan kan jy nie met ‘n internet soektog opspoor nie – jy moet die antieke kaarte self raadpleeg.  Hierdie kaarte is te groot om in ‘n gewone web bladsy te vertoon, so ek het elke kaart opgedeel.  Die kaarte wat ek gebruik het kan gesien word in geheelbeeld deur hierdie skakels te volg:

Nieuwe Paskaart Van Het Noord-Zee Streckkende van Texel tot aande Hoofden
Paskaart Vande Geheele Canaal Iusshen Engeland en Vranckryck
Kaart van den Noorder- en Zuider Atlantischen Oceaan
Kaart van den Noorder- en Zuider Atlantischen Oceaan