Hof van Ilpendam

Vanaf Grobler
Spring na: navigasie, soek

Die Hof van Ilpendam[2] was ‘n pinas[3] tipe skip wat ‘n gewapende 700 ton vragskip was, soortgelyk aan die model hieronder (van die Scheepvaartmuseum[4]). Dit was 145 voet lank, 36 voet wyd en bewapen met 36 kanonne en 8 bassens (kleiner kanonne).

‘n Pinas tipe skip soortgelyk aan die Hof van Ilpendam. Verkry van Geheugen van Nederland [1]


Dit is gebou in 1691 en was in diens tot 1713 waartydens dit 4 keer na en 3 keer terug van Oos-Indië geseil het soos gelys in die onderstaande tabel[[5]]. (Dit het ook ander reise gedoen tussen Batavia en Persië, byvoorbeeld),

Nommer Kaptein Datum van Vertrek Plek van vertrek Aankoms in Kaap Vertrek van Kaap Bestemming Aankoms by Bestemming
1629.1 Vries, Michiel de 26-12-1691 Texel 01-06-1692 08-07-1692 Ceylon 19-09-1692
5917.1 Vries, Michiel de 28-02-1693 Ceylon 20-05-1693 12-06-1693 Veere 04-10-1693
1687.2 Alkmaar, Jan Kornelisz. van 17-05-1694 Texel 25-09-1694 27-10-1694 Ceylon 23-01-1695
6002.2 Smit, Jan 20-12-1698 Batavia 13-02-1699 20-03-1699 Texel 29-06-1699
1832,3 Wijnands, Jan 22-04-1700 Texel 27-12-1700 14-01-1701 Batavia 24-03-1701
6101.3 Wijn, Joris van der 30-11-1703 Batavia 03-03-1704 30-03-1704 Texel 09-08-1704
1977.4 Kodde, David 10-05-1705 Texel 29-09-1705 07-11-1705 Batavia 18-01-1706

Op die uit-reis van 10 Mei 1705 was daar was altesaam 222 aan boord: 117 matrose, 86 soldate en 19 passasiers[[6]]. Jan Grobler was een van die soldate aan boord.