VOC Dokumentasie
Inhoud
Inleiding[wysig]
Die VOC het 5-jaar kontrakte aangegaan met werknemers. Die kontrak tydperk het eers begin wanneer die werknemer in die Kaap of Batavia aangekom het, alhoewel hulle betaal is vir die tyd aan boord. Die tyd aan boord is slegs gereken vanaf die dag wat die skip uitgeseil het - die tyd wat hulle geneem het om die skip te laai en om te wag vir gunstige winde om te kon seil het nie getel as diens verrig nie - dit kon weke gewees het. Die werknemers het ‘n twee maande voorskot op hulle gasie[1] gekry in kontant. Terwyl hulle aan boord was is hulle rekeninge gekrediteer met hulle volle verdienste. Na aankoms in die Kaap of Ooste, kon diegene wat nog skuld gehad het by die VOC twee maande se gasie per jaar in kontant ontvang - in Februarie en Augustus. Diegene wie se skuld afbetaal was kon 'n maksimum van 4 maande se gasie in kontant kry. Hulle het gratis verblyf en brood rantsoene gekry. Aan die begin van die maand het hulle 'n klein bedrag kontant as kosgeld gekry, en in die middel van die maand n klein bedrag kontant as susidiegeld[2]. Die res van hul verdienste is gekrediteer teen hulle rekenings. Sodoende kon 'n kredietbalans opgebou word wat aan die einde van die kontrak na die sluiting van die rekening betaalbaar was. Uitbetalings is slegs gemaak in Nederland, so die werknemer moes of terugkeer na Nederland om sy betaling te ontvang, of reël dat ‘n agent of tussenganger - deur hom gemagtig - die betaling namens hom ontvang. Kontrakte kon hernu word.
Skeepssoldyboek[wysig]
Die "skeepssoldyboek" is 'n algemene verwysing na die Hof van Ilpendam se Grootboek en Joernaal van 1705[3]. Elke werknemer het 'n twee-bladsy rekening gehad in die skeepssoldyboek. Jan Grobler is geregistreer as “Jangroeplaarvantangermond” in die Alphabet Generaal[4] wat volgens naam georden was en nie volgens van soos vandag gebruiklik is nie. Die rekening (bladsy) nommers was min of meer invers volgens rangorde m.a.w. hoe hoër die rang, hoe kleiner die nommer. Jan Groeplaar se nommer was 176 (regs onderlangs).
Jan Groeplaar se rekening is hier onder. Aan die linkerkant word skuld en uitbetalings aangedui. Aan die regterkant is krediet vir verdienste of betalings van skuld. Sien die transkripsie hier onder vir details.
Die skeepssoldyboek bevat 'n magdom van inligting. Die skip se naam, VOC Kamer en jaartal word in the titel aangedui: Hof van Ilpendam van die Kamer Amsterdam in 1705. Links bo is die eerste inskrywing, naam, plek van oorsprong en rang: Jan Groeplaar van Tangermond, Soldaat. Onder die naam sou erfgename gespesifiseer word as 'n testament, en ook 'n maandbrief indien van toepassing. Die maandbrief het betalings gespesifiseer aan afhanklikes (gewoonlik die vrou van die werknemer) in Nederland. Die betalings is gemaak teenoor die werknemer se verdiende krediet. In die geval van Jan Groeplaar is geen testament of maandbrief gespesifiseer nie waarvan afgelei kan word dat hy geen afhanklikes of erfgename gehad het nie en ongetroud was.
Linkerkant[wysig]
Die datum van die eerste grootboek inskrywing is Adij 10:n Maij[5] wat die datum van vertrek was: 10 Mei (1705). Die inskrywing is vir skuld aan die de Edele Compagnie van f18 wat die voorskot was van 2 maande se gasie op de hand teen f9 per maand (dus het hy f9 per maand verdien) wat kontant uitbetaal is. Hierdie handgeld was bedoel om sy onkostes te dek vir 2 maande se wagtyd voor die skip vertrek het.
f het aanvanklik die geldeenheid floryn aangedui maar het in gebruik gebly later om ook die geldeenheid gulden aan te dui wat die floryn vervang het. Daar is 20 stuiwers in een gulden, en 16 pennings in een stuiwer volgens the Nederlandse valuasie. Daar was ook aan die Kaap die sogenaamde Indiese valuasie waarvolgens daar net 16 stuiwers in een gulden was. Dit was egter nie gebruik in die rekeningkunde van die skeepsoldyboeke nie aangesien dit duidelik blyk uit inskrywings van bedrae wat meer as 16 stuiwers aandui. 'n Bedrag is geskry as f f:st:pn bv. f1:10:4 dui aan 1 gulden, 10 stuiwers en 4 pennings.
Die tweede grootboek inskrywing gedateer 10 Mei vir die bedrag van f150 is vir skuld aan Jan Jansz: (Janszoon). Hierdie bedrag was vir sy kis en uitrusting. Jan Janszoon was dus 'n sielverkoper wat vir Jan Groeplaar toegerus het en aan die VOC gelewer het as kandidaat wat aanvaar is. Die VOC het vir Jan Janszoon 'n skuldbrief (transportbrief) uitgereik van f150 teen Jan Groeplaar se toekomstige verdienste[6]. Jan Groeplaar se totale skuld was dus f168 wat hom bykans 19 maande sou neem om terug te werk.
Op 19 Desember 1707 word f110 aan Barent Willems[7] betaal as deel van die f150 skuld op die transportbrief, wat hy waarskynlik gekoop teen 'n redelike afslag. Op 11 Desember 1709 word die uitstaande f40 aan Barent Willems betaal. Die transaksie word geteken deur C. Wamelingh van die Kamer Amsterdam en Barent Willems wat net 'n kruisie kon trek (dus ongeletterd).
Op 4 September 1715 word die bedrag van ƒ587:13:4 uitbetaal aan die ene Hillegonda de Wilde, een van Jan Groeplaar se gemagtigdes. Die transaksie is onderteken deur Hillegonda de Wilde en Hendrik Cramer van die Kamer Zeeland.
[f00000] | [Linkerkant] | In’t Schip T Hoff van Ilpendam voor Amsterdam A:o 1705 | [f00000] | 176 |
Jan Groeplaar van Tangermond Zoldaat | ||||
Adij | 10:n Maij | A:n d’ E: Comp: over 2 : gagie op de hand a ƒ9 p:r m:t | 1f: | ƒ 18:–:– |
Adij | 10:n Maij | Idem over schult aan Jan Jansz: | ƒ150:–:– | |
ƒ168:–:– | ||||
1707 | 19 Dec:s | ƒ110:– aen Barent Willems sijn act:r voldaen in dese op | f:o 206 | ƒ110:–:– |
1709 | 11 Dec:s | ƒ40:– betaelt aen Barent Willems sijn | ƒ40:–:– | |
1251 n:o | 398 | Oct:r In vold: borge C: Wamelingh Camer A: ’t mercq X van Barent Willems[,] C: Wamelinck | ||
1715 | 4 Sept:s | ƒ587:13:4 op dato b:t ordre van d’ Heer van Gerven beit aen Hillegonda de Wilde sijne gem:[8]. onder borghtoght van Hend: Cramer Camer Z: die asumeert de Compt: | ||
1341 n:o | 31 | wegens dese betaeling te indemneeren – renuncieerende de beneficien ordinis et execusionis den effecte verstaende ’T oirconde get:t | ||
Hillegonda de Wilde Hend: Cramer | ƒ587:13:4 |
Regterkant[wysig]
Die eerste transaksie aan die regterkant is gedateer 24 8ber[9] 1705. Op hierdie dag, 24 Oktober 1705 het Jan Groeplaar en 16 van sy makkers die skip verlaat en aan land gegaan. Dus is Jan Groeplaar sedert 24 Oktober 1705 gevestig op die vasteland van Afrika. Hy word gekrediteer met ƒ49:10 wat sy gasie was vir 5.5 maande[10] vanaf hulle vetrek uit Texel op 10 Mei tot 24 Oktober - uitgewerk teen ƒ9 per maand[11]. Die inskrywing Idem te quaat[12] is sy oorblywende skuld van ƒ118:10:– op hierdie datum. Die rekening aangaande die reis na die Kaap word hier afgesluit.
Die rekening aangaande die verblyf aan die Kaap volg onder bogenoemde, maar in 'n ander formaat (twee kolumme vir debiet en krediet). Die eerste inskrywing is vir ult:o Aug:to[13] wat beteken 31 Augustus 1706 en noteer na 10 maande aan die Kaap is sy saldo ƒ40:19:8 te quaat. Dit impliseer sy skuld het verminder van ƒ118:10:– met ƒ77:10:08 na f41:09:08.
Tussen 31 Augustus 1706 en 31 Augustus 1707 betaal hy die oorblywende skuld van f41:09:08 en verskyn daar 'n krediet inskrywing vir ƒ150 "wegens d’ Ingediende schult".
In 1707 kry hy ƒ43:–:4 krediet vir die jaar, wat ongeveer 5 maande se gasie is. Die res is aan skuld afbetaal en ook uitbelatings van klein bedrae kontant.
Van 1708 tot 1712 word hy gekrediteer met ƒ92:14:– per jaar. Die verskil tussen dit en ƒ108 (12 X 9) is die kosgeld en/of subsidiegeld wat uitwerk op ƒ1:05:08. Per maand was die netto gasie krediet dus ƒ7:14:08 per maand.
Op 31 Julie 1713 gaan hy op lening as 'n boerekneg. Hy kry krediet van ƒ81:3 vir 11 maande se werk en daarna word sy gasie opgeskort.
Op 29 Januarie 1715 word Jan Groeplaar 'n vryburger.
Die laaste inskrywing sê Jan Groeplaar is oorlede op 8 Augustus 1735 sonder testament en laat sy vrou en kinders na.
[Regterkant] | In’t Schip T Hoff van Ilpendam voor Amsterdam A:o 1705 | [f00000] | 176 | |
Jan Groeplaar van Tangermond Zoldaat | ||||
[1705] | 24 8ber: | P:r d’ E: Comp: ƒ49:10 over 8 ½ m:t gagie a ƒ9 p:r m:t verdient zedert aen 10:n Maij dat uijt Texel zij geseijlt tot heeden dat aan Cabo de Goede hoop aan lant gaat | 1 f: | ƒ49:10:– |
24 8ber: | Idem te quaat | ƒ118:10:– | ||
ƒ168:–:– | ||||
1706 | ult:o Aug:to | over 10 m: op Caep f: 222 teq:t ƒ40:19:8 | ||
Credit ƒ150:– wegens d’ Ingediende schult | ƒ150:–:– | |||
1707 | ult:o Aug:to | ƒ43–:4 rest van 12 m: op de Caep | f: 147 | ƒ43:–:4 |
1708 | dito | ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep | f: 109 | ƒ92:14:– |
1709 | dito | ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep | f:o 85 | ƒ92:14:– |
1710 | dito | ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep | 76 f: | ƒ92:14:– |
1711 | dito | ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep | 65 f: | ƒ92:14:– |
1712 | dito | ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep | 56 f: | ƒ92:14:– |
1713 | ult:o Julij | ƒ81:3:– rest van 11m: op de Caep dat met stilstaende gagie in leningh gaet, en continueert sodanigh ult:o Aug:o 1713 | 46 f: | ƒ81:3:– |
1714 | ult:o Aug:o | continueert in leningh op de Caep | f:o 40 | |
1715 | 29 Januarij | burgher geworden per Caep | f:o 35 | |
1718 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 38 | |
1719 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 37 | |
1720 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 35 | |
1721 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 33 | |
1723 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 27 | |
1724 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 26 | |
1727 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 20 | |
1728 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 21 | |
1736 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 12 | |
1737 | ult:o Aug:o | continueert per Caep | f:o 12 | |
Is 8 Aug:o 1735 sonder testam:t vrouw en kindereren nalatende, overleeden, sijnde sulx doenmaals aant Comptoir niet bekent gemaakt, als per ’t Caapse vrijboek:n de A:o 1738 J:e 11. | ||||
ƒ737:13:4 |
Kontrak met Maasdorp[wysig]
Aanstelling van Gemagtigdes[wysig]
Jan Groeplaar het op 19 Februarie 1715 vir Johannis Visser Volkers[14] en sy vrou Hillegonda de Wilde gesamentlik en afsonderlik aangestel as sy gemagtigdes om sy kredietbalans as uitbetaling te ontvang van die Here XVII in Amsterdam. Volkers was 'n Koopman in die VOC en wel af. Ek neem aan dat hierdie transaksie behels het dat Volkers hom in die Kaap betaal het teen 'n sekere afslag in ruil vir die reg om op sy kredietbalans aanspraak te maak in Amsterdam.
Oorspronklike | Transkripsie | ||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
145 C:H: Baumont Huijden den 19:en Februarij A:o 1715 | |||||||||||||||||||||||||||||
Versoekkende den constituant dier halven gantsch | |||||||||||||||||||||||||||||
Selteks |
Lening van Jan Meijndersz: Kruijwagen de oude[wysig]
Oorspronklike | Transkripsie | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
16 R: Tulbagh
Huijden den 4:e Februarij 1726
| |||||||||
gelde opleggende en betaalende meergemelde capitaal beneevens zoodanige verloopene renten
|
Transportakte van Landskroon[wysig]
Hier is die transportakte van Jan Grobler se aankoop van die plaas Lanskroon in die Drakenstein distrik [met dank aan Paul de Villiers van Landskroon en Hennie de Vos, geskiedkundige]:
Oorspronklike | Transkripsie |
---|---|
117. R: Tulbagh Compareerde voor ons ondergetek: een | |
een jaar ende de andere seven paijen ider ter groote van elk hondert sevenendertigh Aldus | |
Aldus gedaan ende verleeden ter Secretarije van Politie alhier aan Cabo de Goede Hoop, Huijden den 22:n Maart 1735 Als getuijgen |
Boedel[wysig]
Jan Grobler het intestaat gesterf en sy boedel is saamgestel deur die Weeskamer op 30 September 1735[15] .
Oorspronklike | Transkripsie | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Selteks | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Inventaris van alle soodanige goederen als er naargelaten en met er dood ontruijmt is, wijlen den landbouwer Jan Grobbelaer volgens order van den E: Agtbaare Heer President mijn heer Adriaen van Kervel en Heeren Weesmeesteren deeser steede, in bijweesen van de weed:w Geertruij Knoetsen als boedelhoudster dewelk ons ondergeteekende hiertoe heeft versogt namentlijk:
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Aldus vervolgens getaxeert aan Cabo de
|
Endnotas[wysig]
- ↑ 'n Verouderede term vir die loon van 'n matroos of soldaat volgens die WAT
- ↑ Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap, die wêreld van 'n slavin, 1652-1733, Human en Rousseau, Kaapstad, 2001
- ↑ Nationaal Archief, Den Haag, Verenigde Oostindische Compagnie (VOC), nummer toegang 1.04.02, inventarisnummer 5549, Hof van Ilpendam: Grootboek en journaal 1705-1705. (VERKORT: NL-HaNA, VOC, 1.04.02, inv.nr. 5549)[1]
- ↑ Inhoudsopgawe
- ↑ Adij: op de dag. Latijn ad diem [ook: adij] per VOC-Glossarium, Instituut voor Nederlandse Geschiedenis Den Haag / 2000
- ↑ Die transportbrief was 'n verhandelbare instrument en betaalbaar aan die houer. Dit verhandeling van transportbriewe was groot besigheid gewees
- ↑ 'n Barent Willems het in 1699 uitgevaar met die Hof van Ilpendam maar teruggekeer na Nederland waar hy seker in die transportbrief besigheid betrokke geraak het.
- ↑ Die afkorting gem: kan ook vir gemalin wees wat eggenoot of vrou beteken. Gemalin word egter net gebruik om na die eggenoot van 'n adelike of vorstelike man te verwys wat definitief nie van toepassing op die soldate en matrose in diens van die VOC was nie. Verder word gem: of gemachtigde elders in die soldyboek gebruik om na mans of vrouens te verwys
- ↑ 8ber is 'n afkorting vir Oktober waar okto Latyns is vir 8 en Oktober was die agste maand in die Romeinse kalender
- ↑ Let wel dat die 8.5 maande in dié inskrywing foutief is - per bladsy 271 van die skeepssoldyboek waar dit bereken word is dit 5.5 maande
- ↑ Dus 5.5 maande X ƒ9 = ƒ49.5 = ƒ49:10
- ↑ Idem is Latyns vir "dieselfde" en verwys na die bogenoemde inskrywing dus na die Edele Kompanjie en te quaat dui op kwaad - nie goed nie - want balans is negatief
- ↑ ult:o is die afkorting vir ultimo. Volgens WNT is dit "Op den laatsten (dag van de maand); eind —. Steeds gevolgd door den naam van een maand of het woord maand."
- ↑ Ook bekend as Jan Visscher Volkertsz soos aangeteken as getuie in Kaapse doopregister op 26 Januarie 1744
- ↑ Inventories of the Orphan Chamber, Cape Town Archives Repository, South Africa, Reference: MOOC8/5.90