Main Page

Vanaf Grobler
Spring na: navigasie, soek

MediaWiki has been installed.

Consult the User's Guide for information on using the wiki software.

Getting started[wysig]

Welkom[wysig]

Hierdie webwerf handel oor die genealogie en geskiedenis van die Grobler en Grobbelaar families. Ek stel veral belang in die stamvader Jan Grobler se voorsate en ek probeer om moontlike verwantskappe met Groblers in Europa te identifiseer om die stamboom uit te brei. Tot dusver onsuksesvol. Ek sluit ook ‘n hoofstuk in oor genetiese genealogie wat konvensionele genealogie aanvul.

Etimologie[wysig]

Die oorsprong van Grobler word tradisioneel beskou as Duitsland, synde die stamvader Duits was. Grobler is egter nie 'n algemene van in Duitsland nie. Die van Grobler word nie bevat in die Duitse familienaamboek van Duden[1] nie, alhoewel dit soortgelyke vanne soos Grob (waarvan Grobler kon verbuig het), Gröber en Gröbner bevat. Grobler word wel gemeld as 'n Joodse familienaam in Guggenheimer[2] en wel as 'n verbuiging van Grob, en die oorsprong word aangegee as Middel-Hoogduits.

In die Duitse stamregister [3], wat bestaan uit 212 volumes, is daar net een verwysing na Grobler naamlik Marie Gröblerz wat op 10 Okt 1687 getroud is met Peter Lüpnitz in Schönfließ. Schönfließ was destyds in Pruisse en later geïnkorporeer in Koningsberg, wat Kaliningrad geword het nadat Rusland dit beset het. In hierdie deel van die wêreld oorvleuel die Duitsers en Slawiese mense. Die spelling van Gröblerz met ‘n “z” aan die einde is tipies Pools, wat kan impliseer dat sy van ‘n Poolse familie afkomstig was. Die rede hoekom daar nie meer Groblers in hierdie stamregister is nie, is heel waarskynlik omdat dié stamregister eksklusief bedoel was vir die adelstand – die opstellers het nie belangestel in mense van laer sosio-ekonomiese klasse nie.nie.

Marie Gröblerz wat op 10 Okt 1687 getroud is


Daar is 'n oënskynlike verband tussen die dorp Grobleben in Duitsland (naby Tangermünde) en Grobler. Grobleben kom ook voor as 'n familienaam. Moontlik het Grobleben en Grobler sielfde oorsprong, of dalk stam Grobler van Grobleben af. Die kerkboeke van Tangermünde het verskeie rekords van Groblebens in die vroëe 1600s. Familiename wat verband hou met Grobleben en voorkom in die Codex Diplomaticus Brandenburgensis[4] word ge-identifiseer deur Langer[5] (met jaartal) as:

Johannes Groppleue, 1279
Gropelebin, Lb.
Gropeleue, 1414
Groppeleue, 1420
Groppeleue, Groplefe, 1472
Grobleue, 1523
Gropleben, Groplegen, 1541.

Daar is egter nog geen dokumentasie gevind wat hierdie verbande staaf nie, dus bly dit bespiegelings.

In Duitsland vind mens ook die volgende fonetiese variasies van Grobler en Gröbler:

Grobler

Groepler
Groebler, Griebeler
Gruebler
Grabler, Graepler, Greppler, Groeppler
Griebler
Grebler
Groppler
Gropler

Gröbler

Graepler
Gruebler
Griebeler
Grebler
Groeppler
Groepler
Grobler, Groppler, Greppler
Griebler, Grabler, Gropler

Grobler kon ook afkomstig wees van die Poolse van Grobla wat dyk beteken, of die Poolse van Grob wat graf beteken[6]. Ander soortgelyke vanne is byvoorbeeld vanne soos Goblicki, Groblewski, Grobelny, Grobelski. Die vervoeging -er in Grobler kan 'n germanisering wees van 'n Poolse van, synde die agtervoegsel "-er" tipies Duits is.

Grobbelaar is 'n verhollandsing van Grobler. Dit verskyn die eerste maal in geskrewe geskiedenis in 1705 as Groeplaar in die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC) [4] se dokumentasie. Later verskyn dit in die VOC se opgawelyste (met jaartal) as:

1708, Groepelaar
1709, Groepelaar
1710, Groebeler
1711, Grobber
1712, Grobbelaer
1713, Grubelaar

In die Inventories of the Orphan Chamber[5] kry ons:

Grobler
Grobbelaar
Grobbeler
Grobbler
Grobelaar

In die kerkregisters van die Kaap die Goeie Hoop wat die eerste geslag kinders dokumenteer word Grobbelaar gebruik, alhoewel van die afstammelinge die van Grobler behou het.

Vandag is die name redelik gestandariseerd op Grobler en Grobbelaar met klein variasies soos Grobbler en Grobelaar.

Die Stamvader: Jan Grobler[wysig]

Die stamvader and die Groblers en Grobbelaars in Suid-Afrika was Jan Grobler. Volgens De Villiers [7] wat die Kaapse kerkregisters as bron materiaal gebruik het is: “De stamvader van deze familie was Jan Grobbelaar, gehuwd met Geertruida Knoetzen”. Volgens Hoge[8], was die stamvader Johann Grobbelaar, alhoewel Hoge uitwys dat die handtekening Grobler geteken is:

GROBBELAAR, Johann (S. Grobler)[Notas 1]. - Tangermünde. Woodcutter 1708-12, wagondriver 1713, loaned as farmhand to Christian Maasdorf 1.8.1713-2.4.1715, b. 1715. ~(1715?) Geertruyd Knoetsen. 11 children. (GMR 1708-13; CJ 1126:36; CJ 1205:16; CJ 1259:145; G.R. nr. 146.)

Latere genealoë soos Pama[9], Malherbe[10] en Dr. C. L. Grobler[11] verwys ook na Johann Grobbelaar en haal Hoge se werk aan (alhoewel sonder om 'n verwysing te verskaf). Dr. P. M. Grobbelaar[12] bevestig dat die stamvader se handtekening Jan Grobler in Duitse skrif was. Die stamvader het sy naam en van geteken as Jan Grobler soos op die transport akte van Landskroon in 1727.

Jan Grobler se handtekening op die transport akte van die plaas Landskroon in 1727


Theal[13] sluit Jan Grobbelaar in as een van "The principal persons who settled in South Africa during the first quarter of the eighteenth century, and whose descendants are still in the country..." Verder voeg hy by:

In the records many more names than those here given are found, but they are of individuals who did not remain long in South Africa. The law of survival of the fittest was here in full operation, for those who were not adapted to become useful colonists were speedily obliged to return into the Company's service. The men might indeed be said to have been discharged on probation, and, in addition to this process of selection, a wastrel[6] was very unlikely to obtain a wife among the farmers' daughters, so that the permanent colonists were a picked body of steady and well conducted men.

Duitsers in Diens van die VOC[wysig]

Jan Grobler was 'n Duitser in diens van die VOC. Ongeveer 50% van die VOC se werknemers was van buite Nederland, en ongeveer 80% van dié buitelanders was Duitsers – dus was 40% van die VOC se totale werknemers Duitsers, wat veral in diens geneem is as as soldate (tot 60% van soldate was Duits) volgens Van Gelder[14]. Hy was aanvanklik in diens geneem as 'n soldaat en het in die Kaap die Goeie Hoop aangekom in 1705. Hy was een van ongeveer 4000 Duitsers wat aangebly het in die Kaap die Goeie Hoop en 'n stamvader geword het volgens Hoge[8].

Daar is tot hede nog niks bekend oor Jan Grobler voordat hy 'n werknemer van die VOC geword het nie, maar ons kan 'n prentjie vorm van sy profiel uit Van Gelder se werk[14]. Slegs mans tussen die ouderdom van 18 en 40 jaar is aangestel as soldate. Die minimum vereiste lengte was 5 voet, en die persoon moes gesond en sonder gebreke wees. Wat die VOC in die praktyk beoog het vir indiensneming was gesonde, sterk en natuurlike energieke manne. In Van Gelder se relatief klein data stel van 47 was die ouderdomme van 30 bekend by aansluiting. Die jongste was 19 jaar, die gemiddeld was 24 jaar en die oudste was 32 jaar[Notas 2]. Almal was ongetroud. 45 was Protestants en slegs 2 Katoliek. So vêr moontlik is slegs Protestantse Nederlanders aangestel as offisiere -Katolieke, Engelse, Franse of Skotte mag verkieslik nie gedien het as offisiere nie.

Die kaart hier onder toon die mees gebruikte roetes van Duitsland na Nederland gedurende die 17de en 18de eeu wat gebruik is deur voornemende Duitsers wat werk kom soek het by die VOC. Die rooi pyltjie dui die ligging van Tangermünde aan wat aangegee word as die oorsprong van Jan Grobler in die VOC dokumentasie.

Mees gebruikte roetes vanaf Duitsland na Nederland verleen van Van Gelder[14]


Op die lugfoto hier onder kan die samevloeing van die Tanger en Elbe riviere gesien word met Tangermünde op die westelike oewers. Die hawe is op die voorgrond aan die mond van die Tanger rivier. Die ou stad is op die oewer net noord van die samevloeing. Dit is moontlik dat Jan Grobler vanaf Tangermünde opgevaar het met die Elbe rivier na Hamburg en weer van daar per skip na Amsterdam via die Noordzee en Zuiderzee, soos aangedui as 'n gebruiklike roete vir Duitsers na Nederland op die kaart hier bo.

Tangermünde is geleë op die westelike oewers van die Elbe en Tanger riviere se samevloeing met 'n hawe aan die mond van die Tanger op die voorgrond[3]

Diegene wat deur die VOC in diens geneem is as matrose of soldate was oor die algemeen van die laë sosio-ekonomiese klasse wat desperaat van die hand na die mond probeer oorleef het. Europa was gedurigdeur gewikkel in oorloë. Daar was byvoorbeeld die tagtigjarige oorlog tussen die Sewentien Provinsies van Nederland en Spanje vanaf 1568 tot 1648[7], en die dertigjarige oorlog tussen Katolieke en Protestante van 1618 and 1648[8]. Hierdié oorlog het 8 miljoen slagoffers geëis en groot dele van Europa in puin gelê. Die oorlog is beëindig met die Verdraë van Westphalia in 1648, maar die rampsoedige gevolge vir die gepeupel het nog lank daarna voortgeduur.

Die gedurige oorloë het 'n heenkome gebied aan mans as soldate, wat geen ander heenkome gehad het nie[15]. Die leëre was destyds saamgestel uit professionele soldate[Notas 3] wat geswerf het van een oorlog na die volgende om hul dienste te verkoop. Die VOC was bemagting om hulle eie leëre op die been te bring en het 'n heenkome gebied vir desperate mans wat teen 'n gasie van 9 gulde per maand (plus kos en klere) as soldaat wou diens doen.

Die VOC het nie nodig gehad om in die buiteland te gaan werf nie – buitelanders het na Nederland gestroom op soek na werk[14]. Dié werksoekers het saamgedrom by die VOC kantore en vuis geslaan om toegang te kry wanneer die VOC aangekondig het dat hulle bemanning soek vir ‘n nuwe vloot. Vlote is hoofsaaklik saamgestel in die Winter en in die Lente, sogenaamde Kersfees en Paasfees vlote [16].

Sogenaamde “zielverkopers” het as agente gedien en voornemende werksoekers gehuisves, uitgerus en dan aan die VOC gelewer as kandidate. Indien ‘n kandidaat aanvaar is deur die VOC, was hy 150 gulde verskuldig aan die sielverkoper, vir sy losies en uitrusting[Notas 4].

VOC Dokumentasie[wysig]

Die VOC het 5-jaar kontrakte aangegaan met werknemers. Die kontrak tydperk het eers begin wanneer die werknemer in die Kaap of Batavia aangekom het, alhoewel hulle betaal is vir die tyd aan boord. Die tyd aan boord is slegs gereken vanaf die dag wat die skip uitgeseil het - die tyd wat hulle geneem het om die skip te laai en om te wag vir gunstige winde om te kon seil het nie getel as diens verrig nie - dit kon weke gewees het. Die werknemers het ‘n twee maande voorskot op hulle gasie[Notas 5] gekry in kontant. Terwyl hulle aan boord was is hulle rekeninge gekrediteer met hulle volle verdienste. Na aankoms in die Kaap of Ooste, het diegene wat nog skuld gehad het by die VOC slegs twee maande se gasie per jaar in kontant gekry - in Februarie en Augustus. Diegene wat se skuld afbetaal was kon 'n maksimum van 4 maande se gasie in kontant kry. Hulle het gratis verblyf en brood rantsoene gekry. Aan die begin van die maand het hulle 28 stuiwers kosgeld gekry en in die middel van die maand 28 stuiwers susidiegeld. Die res van hul verdienste is gekrediteer teen hulle rekenings. Sodoende kon 'n kredietbalans opgebou word wat aan die einde van die kontrak na die sluiting van die rekening betaalbaar was. Uitbetalings is slegs gemaak in Nederland, so die werknemer moes of terugkeer na Nederland om sy betaling te ontvang, of reël dat ‘n agent of tussenganger - deur hom gemagtig - die betaling namens hom ontvang. Kontrakte kon hernu word.

Skeepssoldyboek[wysig]

Die VOC dokumentasie is in die Hof van Ilpendam se Grootboek en Joernaal van 1705[17] wat oor die algemeen na verwys word as die "skeepssoldyboek". Elke werknemer het 'n twee-bladsy rekening gehad in die skeepssoldyboek. Jan Grobler is geregistreer as “Jangroeplaarvantangermond” in die Alphabet Generaal[Notas 6] wat volgens naam georden was en nie volgens van soos vandag gebruiklik is nie. Die rekening (bladsy) nommers was min of meer invers volgens rangorde m.a.w. hoe hoër die rang, hoe kleiner die nommer. Jan Groeplaar se nommer was 176 (regs onderlangs).

Alphabet Generaal inskrywing vir Jan Groeplaar van Tangermond


Jan Groeplaar se rekening is hier onder. Aan die linkerkant word skuld en uitbetalings aangedui. Aan die regterkant is krediet vir verdienste of betalings van skuld. Sien die transkripsie hier onder vir details.

Jan Groeplaar van Tangermond se rekening in die Hof van Ilpendam se skeepssoldyboek.


Die skeepssoldyboek bevat 'n magdom van inligting. Die skip se naam, VOC Kamer en jaartal word in the titel aangedui: Hof van Ilpendam van die Kamer Amsterdam in 1705. Links bo is die eerste inskrywing, naam, plek van oorsprong en rang: Jan Groeplaar van Tangermond, Soldaat. Onder die naam sou erfgename gespesifiseer word as 'n testament, en ook 'n maandbrief indien van toepassing. Die maandbrief het betalings gespesifiseer aan afhanklikes (gewoonlik die vrou van die werknemer) in Nederland. Die betalings is gemaak teenoor die werknemer se verdiende krediet. In die geval van Jan Groeplaar is geen testament of maandbrief gespesifiseer nie waarvan afgelei kan word dat hy geen afhanklikes of erfgename gehad het nie en ongetroud was.

Linkerkant[wysig]

Die datum van die eerste grootboek inskrywing is Adij 10:n Maij[Notas 7] wat die datum van vertrek was: 10 Mei (1705). Die inskrywing is vir skuld aan die de Edele Compagnie van f18 wat die voorskot was van 2 maande se gasie op de hand teen f9 per maand (dus het hy f9 per maand verdien) wat kontant uitbetaal is. Hierdie handgeld was bedoel om sy onkostes te dek vir 2 maande se wagtyd voor die skip vertrek het. Dié geld sou dadelik opgeëis word deur die sielverkoper wat losies aan hom sou verskaf het in Amsterdam.

f het aanvanklik die geldeenheid floryn aangedui maar in gebruik gebly later om ook die geldeenheid gulden aan te dui wat die floryn vervang het.  Verder is daar 20 stuiwers in een gulden, en 16 pennings in een stuiwer.

Die tweede grootboek inskrywing gedateer 10 Mei vir die bedrag van f150 is vir skuld aan Jan Jansz: (Janszoon). Hierdie bedrag was vir sy kis en uitrusting. Jan Janszoon was dus 'n sielverkoper wat vir Jan Groeplaar toegerus het en aan die VOC gelewer het as kandidaat wat aanvaar is. Die VOC het vir Jan Janszoon 'n skuldbrief (transportbrief) uitgereik van f150 teen Jan Groeplaar se toekomstige verdienste[Notas 8]. Jan Groeplaar se totale skuld was dus f168 wat hom bykans 19 maande sou vat om terug te werk.

Op 19 Desember 1707 word f110 aan Barent Willems[Notas 9] betaal as deel van die f150 skuld op die transportbrief, wat hy waarskynlik gekoop teen 'n redelike afslag. Op 11 Desember 1709 word die uitstaande f40 aan Willems betaal. Die transaksie word geteken deur C. Wamelingh van die Kamer Amsterdam en Barent Willems wat net 'n kruisie kon trek (dus ongeletterd).

Op 4 September 1715 word die bedrag van ƒ587:13:4 uitbetaal aan die ene Willegonda de Wilde, Jan Groeplaar se gemagtigde[Notas 10]. Dit is onbekend wat die verwantskap tussen Jan Groeplaar en Hillegonda de Wilde sou wees, indien enige. Dit is ook onbekend of hy ooit sy geld gekry het. Die transaksie is onderteken deur Hillegonda de Wilde en Hendrik Cramer van die Kamer Zeeland.

[f00000] [Linkerkant] In’t Schip T Hoff van Ilpendam voor Amsterdam A:o 1705 [f00000] 176
Jan Groeplaar van Tangermond Zoldaat
Adij 10:n Maij A:n d’ E: Comp: over 2 : gagie op de hand a ƒ9 p:r m:t 1f: ƒ 18:–:–
Adij 10:n Maij Idem over schult aan Jan Jansz: ƒ150:–:–
ƒ168:–:–
1707 19 Dec:s ƒ110:– aen Barent Willems sijn act:r voldaen in dese op f:o 206 ƒ110:–:–
1709 11 Dec:s ƒ40:– betaelt aen Barent Willems sijn ƒ40:–:–
1251 n:o 398 Oct:r In vold: borge C: Wamelingh Camer A: ’t mercq X van Barent Willems[,] C: Wamelinck
1715 4 Sept:s ƒ587:13:4 op dato b:t ordre van d’ Heer van Gerven beit aen Hillegonda de Wilde sijne gem: onder borghtoght van Hend: Cramer Camer Z: die asumeert de Compt:
1341 n:o 31 wegens dese betaeling te indemneeren – renuncieerende de beneficien ordinis et execusionis den effecte verstaende ’T oirconde get:t
Hillegonda de Wilde Hend: Cramer ƒ587:13:4
Regterkant[wysig]

Die eerste transaksie aan die regterkant is gedateer 24 8ber[Notas 11] 1705. Op hierdie dag, 24 Oktober 1705 het Jan Groeplaar en 16 van sy makkers die skip verlaat en aan land gegaan. Dus is Jan Groeplaar sedert 24 Oktober 1705 gevestig op die vasteland van Afrika. Hy word gekrediteer met ƒ49:10 wat sy gasie was vir 5.5 maande[Notas 12] vanaf hulle vetrek uit Texel op 10 Mei tot 24 Oktober - uitgewerk teen ƒ9 per maand[Notas 13]. Die inskrywing Idem te quaat[Notas 14] is sy oorblywende skuld van ƒ118:10:– op hierdie datum. Die rekening aangaande die reis na die Kaap word hier afgesluit.

Die rekening aangaande die verblyf aan die Kaap volg onder bogenoemde, maar in 'n ander formaat (twee kolumme vir debiet en krediet). Die eerste inskrywing is vir ult:o Aug:to[Notas 15] wat beteken 31 Augustus 1706 en noteer na 10 maande aan die Kaap is sy saldo ƒ40:19:8 te quaat. Dit impliseer sy skuld het verminder van ƒ118:10:– met ƒ77:10:08 wat dus sy verdienste was. In 1706 word hy gekrediteer met ƒ150 "wegens d’ Ingediende schult", so dit sou impliseer dat hy al sy skuld teruggewerk het voor 1707.

In 1707 kry hy net ƒ43:–:4 krediet vir die jaar, wat ongeveer 5 maande se gasie is. Ek vermoed hy het dalk kontant uitbetaling gekry vir die res. Moontlik het hy aangedring op die 4 maande se kontant wat hy kon trek nadat sy skuld afbetaal is. Die transaksie het 'n verwysing na f: 147, maar tot dusver kon ek nog nie uitvind na watter dokument dit verwys nie.

Van 1708 tot 1712 word hy gekrediteer met ƒ92:14:– per jaar. Die verskil tussen dit en ƒ108 (12 X 9) is die kosgeld wat uitwerk op ƒ1:05:08 per maand (en netto gasie dus ƒ7:14:08 per maand).

Op 31 Julie 1713 gaan hy op lening as 'n boerekneg. Hy kry krediet van ƒ81:3 vir 11 maande se werk en daarna word sy gasie opgeskort.

Op 29 Januarie 1715 word Jan Groeplaar 'n vryburger.

Die laaste inskrywing sê Jan Groeplaar is oorlede op 8 Augustus 1735 sonder testament en laat sy vrou en kinders na.


[Regterkant] In’t Schip T Hoff van Ilpendam voor Amsterdam A:o 1705 [f00000] 176
Jan Groeplaar van Tangermond Zoldaat
[1705] 24 8ber: P:r d’ E: Comp: ƒ49:10 over 8 ½ m:t gagie a ƒ9 p:r m:t verdient zedert aen 10:n Maij dat uijt Texel zij geseijlt tot heeden dat aan Cabo de Goede hoop aan lant gaat 1 f: ƒ49:10:–
24 8ber: Idem te quaat ƒ118:10:–
ƒ168:–:–
1706 ult:o Aug:to over 10 m: op Caep f: 222 teq:t ƒ40:19:8
Credit ƒ150:– wegens d’ Ingediende schult ƒ150:–:–
1707 ult:o Aug:to ƒ43–:4 rest van 12 m: op de Caep f: 147 ƒ43:–:4
1708 ult:o De:s ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep f: 109 ƒ92:14:–
1709 ult:o De:s ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep f:o 85 ƒ92:14:–
1710 ult:o De:s ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep 76 f: ƒ92:14:–
1711 ult:o De:s ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep 65 f: ƒ92:14:–
1712 ult:o De:s ƒ92:14:– rest van 12 m: op de Caep 56 f: ƒ92:14:–
1713 ult:o Julij ƒ81:3:– rest van 11m: op de Caep dat met stilstaende gagie in leningh gaet, en continueert sodanigh ult:o Aug:o 1713 46 f: ƒ81:3:–
1714 ult:o Aug:o continueert in leningh op de Caep f:o 40
1715 29 Januarij burgher geworden per Caep f:o 35
1718 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 38
1719 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 37
1720 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 35
1721 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 33
1723 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 27
1724 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 26
1727 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 20
1728 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 21
1736 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 12
1737 ult:o Aug:o continueert per Caep f:o 12
Is 8 Aug:o 1735 sonder testam:t vrouw en kindereren nalatende, overleeden, sijnde sulx doenmaals aant Comptoir niet bekent gemaakt, als per ’t Caapse vrijboek:n de A:o 1738 J:e 11.
ƒ737:13:4

Plek van Herkoms[wysig]

Volgens die VOC Dokumentasie, was Jan Groeplaar afkomstig van Tangermond wat in Duits bekend staan as Tangermünde [9]. Dit was destyds geleë was in Brandenburg-Pruisse [10] wat ‘n alliansie tussen die Markgraafskap van Brandenburg en the Hertogdom van Pruisse was. Dit het bestaan van 1618 tot 1701. Die kaart hieronder wys hoe dit gelyk het in 1688 (om en by toe Jan Grobler gebore is) en die rooi pyltjie dui Tangermünde se ligging aan.

Brandenburg-Pruisse teen 1688

Dit is nie noodwendig dat die VOC Dokumentasie verwys na plek van geboorte nie. Volgens die Nationaal Archief se veelgestelde vrae #9[11] verwys die VOC se rekords nie altyd na plek van geboorte nie:[Notas 16] Dit word verder beaam [12] met verwysing na die monsterrolle[Notas 17] en skeepssoldyboeke[Notas 18]

Volgens C. L. Grobler[11] is daar is geen geboorte rekord vir ‘n Jan Grobler in Tangermünde se kerk registers nie, maar daar is wel ‘n geboorte rekord vir ‘n Christiaan Grobler van 10 Oktober 1678, wie se pa Arnold was. Hy haal 'n onbekende bron aan as volg: “Christiaan Grobler is die stamvader van die Groblers of Grobbelaars in Suid Afrika. Hy is gebore op 10 Oktober 1678 in Tangermünde, Duitsland …”, en dit word ook so aanvaar in verskeie genealogiese werke, alhoewel dit onseker is. Volgens P. M. Grobbelaar[12] is daar geen inskrywings vir Jan (of Johann) Grobler in die Parogiekerk (Protestantse kerk ook bekend as St. Stephanskirche [13]) van Tangermünde se kerkboeke nie.

Tangermünde kan dus nie positief geïdentifiseer word as Jan Grobler se geboorteplek nie maar ten minste as sy plek van herkoms met sy indienstrede by die VOC. Om vas te stel wat se Grobler rekords daar mag wees of nie wees nie, sal dit nodig wees om sistematies deur al die kerkboeke van die omgewing in Tangermünde te soek. Alhoewel daar ‘n projek[14] aan die gang is om al die Evangeliese Kerk se kerkboeke in Duitsland te digitaliseer, transkribeer an aanlyn beskikbaar te maak, is die boeke van Tangermünde tot dusvêr net gedigitaliseer maar gaan blykbaar nie aanlyn neskikbaar gemaak word nie[Notas 19].

Genetiese Herkoms[wysig]

My haplogroep is R-YP1337 wat een van twee hoof vertakkings is (die ander hoof vertakking is R-YP256) van R1a-L260. R1a-L260 wat bekend staan as die “Wes Slawiese” haplogroep. Dit kom voor met ‘n piek frekwensie in Poland, Tjeggïe en Slovakië. Dit blyk of 8 tot 9% van alle Poolse mans in hierdie haplogroep is, asook 2 to 3% van Tjeggiese, Slovakiese, en ook Sloveniese mans, terwyl 40% van Sorbiese mans L260 is. (Die Sorbïers is ‘n Slawiese nasie wat binne die grense van die huidige (Oos) Duitsland bly en wat nie ge-assimileer is in die Duitse nasie tydens die uitbreding van die Duitse volke in die Slawiese gebiede in nie). Grobler se genetiese herkoms is dus Wes-Slawies.

Slavic europe.jpg


Voordat hedendaagse Europses landsgrense vasgestel is was daar natuurlik baie veranderings. Die kaart hier onder wys die Europese bevolkings om en by die jaar 900. Die Slawiese volke het verder wes gebly as hedendaags. Die rooi pyltjie dui aan waar Tangermünde sou ontwikkel aan die westelike oewer van die Elbe rivier. Die Germaanse volke het oor die eeue geleidelik ooswaarts uitgebrei en van die Slawiese volke ge-assimileer. Dit bied ‘n verklaring vir Grobler wat Duits was se genetiese herkoms as Wes-Slawies.

Europa 900-.jpg


Reis na die Kaap die Goeie Hoop[wysig]

Dié reis na die Kaap die Goeie Hoop is gedokumenteer in ‘n reisjoernaal deur die ene François Valentyn in DES SCHRYVERS TWEEDE UYT- en T’HUYS-REYZE in hoofstuk twee van die vyfde boek[18]. Ek het die dele van die reisjoernaal wat betrekking het op die reis as sulks (dié joernaal bevat ook breedvoerige aardrykskundige beskrywings) vertaal en die roete geherkonstrueer deur die verwysingspunte te identifiseer op kaarte en dit verder aan te vul met met die seil-instruksies an ander annotasies hier: Valentyn se Reisjoernaal van die 1705 Uitreis op die Hof van Ilpendam.

Jan Grobler het op 10 Mei 1705 vertrek vanaf Texel aan boord van die Hof van Ilpendam wat op pad was na Batavia toe via die Kaap die Goeie Hoop[Notas 20]. Hulle was deel van die Paasvloot bestaande uit die Abbekerk, Belvliet, Brandenburg, Driebergen, Hof van Ilpendam, Rijnenburg, Vrijburg en 15 oorlogskepe wat hulle sou vergesel tot by die Straat van Gibraltar. Die kaptein, David Codde het 'n drank probleem gehad. Valentyn spreek kommer uit oor die bevoegdheid van die senior offisiere, behalwe vir die opper-stuurman wat hy as bekwaam beskou. Hulle vorder redelik vinnig tot oorkant 's Gravezande wat hulle bereik om 10 uur op 12 Mei - 'n afstand van om en by 60 seemyl in 2 dae. Hier het hulle ge-anker en tel hulle 81 ander skepe in die vaarwater.

Rondom middernag op 21 Mei strand hulle amper op die Vlaamse Banke deur die onversigtigheid van die onder-stuurman.


Die roete gevolg deur die Hof van Ilpendam, soos vervat in die reisjoernaal, is geherkonstrueer op die kaart hieronder. Van Texel het hulle geseil langs die kus af, deur die Engelse kanaal tot by die Sorlings. Van daar af suidwaarts verby Madeira na die Kaap Verdiese eilande. Van die Kaap Verdiese eiland het hulle binne die grense van die wagenspoor geseil om die ewenaar oor te steek. Na die ewenaar oorgesteek is seil hulle suidwaarts langs die kus van Brazil af tot by ongeveer 30 grade suid waar ulle die westelike passaat winde kry en oos draai vir die oorsteek van die Atlantiese oseaan tot by die Kaap.

Roete gevolg deur die Hof van Ilpendam in 1705 aangedui op VOC kaart uit Grote Atlas van de Oost-Indische Compagnie deel V p. 34, 43º N.Br. - 40º Z.B[19]

Kaap die Goeie Hoop[wysig]

In 1705 met die aankoms van Jan Grobler het Kaapstad nog nie bestaan nie. Die uitsig vanaf die rede van Tafelbaai het in die vroeë 1700's uitgesien soos in die skets hier onder deur Valentyn wat die Kaap besoek het in 1695, 1705 en 1714. Op die skets word aangedui:

1. Vlek (wat beteken klein dorpie – die area in die middel met geboue wat later sou ontwikkel tot Kaapstad)
2. de Tafel berg (Tafelberg)
3. de Wind berg (Duiwelspiek)
4, de Leeuwenberg (Leeukop)

Die imposante Kasteel was destyds nog geleë teen die strand en links van die Vlek. Valentyn het dit egter nie genommer nie. Bo op Seinheuwel kan 'n groot vlag gesein word.

Gezicht van KAAP DER GOEDE HOPE als men op die Reede legt uit boek 10 getitel Kaap der Goede Hoope in volume 5 van Valentyn[18]


In diens van die VOC, 1705 tot 1713[wysig]

Dit is nie bekend wat Jan Grobler gedoen het vanaf sy aankoms in 1705 tot 1708 nie, aangesien die monsterrolle van 1705 tot 1707 weggeraak het. Hy het waarskynlik sy diens begin as soldaat en teen 1708 weet ons hy was 'n houtkapper. Volgens die VOC se monsterrolle[20] soos opgesom in die tabel hier onder, was Jan Grobler van 1708[Notas 21] tot 1712 'n houtkapper. In 1713 word hy 'n wadrywer by die Compagnieschuur. Die Kompanjieskuur was 'n groot graanskuur in Rondebosch wat deur Jan van Riebeeck laat bou is. Dit het later bekend geword as die "Groote Schuur" nadat twee kleiner skure ook op die perseel gebou is[21]. Hierdie skuur is later in 'n deftige woning omskep wat die ampswoning van die Eerste Ministers van die Unie van Suid-Afrika geword het[15] wat vandag nog bestaan. Volgens die skeepssoldyboek [17] is hy in 1713 gekrediteer met 11 maande se gasie. Die finasiële jaar was klaarblykilk van Augustus tot Augustus, en einde Julie 1713 gaan hy "op de Caep dat met stilstaende gagie in leningh gaet, en continueert sodanigh ult:o Aug:o 1713" d.w.s. van die begin van Augustus 1713 word hy deur die VOC "uitgeleen" wat beteken dat hy vir 'n vryburger gaan werk het wat hom daarna sou betaal terwyl die VOC sy maandelikse gasie opgeskort het.

Jaar Bladsy Naam Van Plek van Oorsprong Beroep Ligging
1708 108 Jan Groepelaar Tangermuden [houd cappers] Van diverse bedieningen
1709 127 Jan Groepelaar Tangermunde [houtcappers] Van diversche bedieninge
1710 150 Jan Groebeler Tangermunde [houdtcappers] Van diversche bedieninge
1711 175 Jan Grobber Tangermunde [houtcappers]
1712 202 Jan Grobbelaer Tangermunde [houtcappers]
1713 226 Jan Grubelaar Tangermunde [wagenrijders] aan ’s Comp:s schuur

Boerekeg, 1713 tot 1715[wysig]

In Augustus 1713 word Jan Grobler deur die VOC "geleen" as 'n boerekneg aan Christiaan Maasdorp, wat 'n vryburger was. In die boedel inventaris [22] van Maasdorp se eerste vrou, Maria Basson, wat gedateer is 30 November 1713 word gemeld "... twee stukjes bouwlant met 't daar op staende huijsingh en hok gelegen aan de Liesbeeks Revier ...". Onder Romeins-Hollandse wet was huwelike per definisie binne gemeenskap van goedere - die man en vrou het gesamentlik alles besit. Indien die man of vrou tot sterwe kom, erf die oorblewende automaties helfte van die boedel terwyl die ander helfte aan ander erfgename gaan, soos mondige kinders[21]. Die inventaris sê dat alles wat nagelaat is hom geregtelik toekom. Geen kinders word genoem nie aangesien hulle almal nog onmondig was - die oudste kind was net 11 jaar oud [16]. Dus het Maasdorp twee plasies aan die walle van die Liesbeek rivier besit. Volgens die Resoluties van die Politieke Raad van 31 Augustus 1716 asook 31 Augustus 1717[23] is Maasdorp die drankpag toegestaan vir "Caabse coele en brandewijnen &a. van Rustenburgh of 't Rondebosje"[Notas 22]. Hy het dit nie elke jaar bekom nie, maar ek dink die gevolgtrekking kan gemaak word dat hy met druiwe geboer het en wyn en brandewyn verskaf het. Dit is heel waarskynlik dat Jan Grobler hier geskoei is in wynbou wat hy later sou toepas op sy eie plaas, Landskroon. Die Liesbeek rivier loop natuurlik deur Rondebosch, en op die kaart hier onder word plasies langs die Liesbeek rivier aangedui - Rondebosch is min of meer waar plasie #13 is.

Die kontraktermyn tussen vryburger en kneg was een jaar, maar kon natuurlik verleng word. Volgens die skeepssoldyboek het Jan Grobler in die staat van lening gebly in 1714 tot 29 Januarie 1715 toe hy self ook 'n vryburger word. Hy het egter in diens gebly van Maasdorp tot 2 April 1715[12].

Plase uitgelê langs die Eliesenbeek rivier


Vryburger, 1715 tot 1726[wysig]

Volgens die skeepsoldyboek het Jan Grobler 'n vryburger geword op 29 Januarie 1715. Hy het daarna klaarblyklik nog vir Maasdorp gewerk tot 2 April 1715. Synde Maasdorp al sy skuld by die VOC moes gedelg het om hom te kon "leen", het Jan Grobler hom moontlik nog geld geskuld nadat hy 'n vryburger geword het. Sedert 1716 verskyn Jan Grobler se naam in die opgaaflyste aan die Kaap. Sy opgawes van 1716 tot 1726 soos verwerk deur Dr. P. M. Grobbelaar is opgesom in the tabel[12] hier onder. Dit impliseer dat hy vanaf 1716 'n boer in eie reg was (in teenstelling om net vir iemand te gewerk het). Hy het waarskynlik begin boer op 'n leningsplaas totdat hy die plaas Landskroon gekoop het in 1726. Synde hy in 1723 begin boer het met druiwe, is dit ook seker moontlik dat hy die plaas Landskroon gehuur het voordat hy die gekoop het?


1716 1717 1718 1719 1720 1721 1722 1723 1724 1725 1726
Mans 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Vroue 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Seuns 1 1 1 1 2 2 3 3 4 4 4
Doglers 1 1 2 2 2 2 2 2 3 3
Slawe 2 2 2 2 1 1 3 1 3 3 6
Slavinne 0 0 0 0 1 0 0 0 0 0 1
Slawemeisies 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0
Perde 4 9 6 4 1 0 3 0 2 3 4
Beeste 33 32 32 28 40 50 36 30 32 32 20
Skape 200 0 0 200 0 200 0 0 0 0 0
Varke 0 0 4 0 0 0 0 0 0 0 0
Wynstokke 0 0 0 0 0 0 0 10000 10000 8000 8000
Leggers wyn 0 0 0 0 0 0 0 3 5 4 4
Koring gesaai 3 13 12 1 1 3 6 4 3 6 6
Koring geoes 30 150 80 1 40 15 23 30 13 50 15
Rog gesaai 1 0 ¼ 3 0 0 0 0 0 0 0
Rog geoes 10 0 0 30 0 0 0 0 0 0 0
Gars gesaai 0 1 1 1 0 0 0 0 0 0 0
Gars geoes 0 10 7 10 0 0 0 0 0 0 0
Snaphaan 2 2 2 2 1 3 1 1 1 1 1
Swaard 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1

Den Landbouwer Jan Grobbelaar, 1726 tot 1735[wysig]

n 1726 koop Jan Grobler die wynplaas Landskroon, geleë in die Drakenstein distrik van Paarl. Die plaas staan nog steeds vandag as Landskroon bekend.

Landskroon, geleë in die Drakenstein distrik van Paarl


Jan Grobler het Landskroon gekoop vir f9100[Notas 23] van Jan Mijndertsz Cruijwagen de Jonge. Die plaas self is slegs waardeer vir f4500 (sien boedel) so die betalings het rente van f4600 ingesluit wat myn insiens baie hoog was. Oordrag het plaasgevind op 4 Februarie 1726. Betaling moes geskied in 8 paaiemente. Die eerste paaiement was f1141 en daarna 7 jaarlikse paaiemente van f1137 sodat dit afbetaal sou wees teen 1734. Die dokument verwys na hom as "den Landbouwer Jan Grobbelaar", maar hy teken sy naam in 1726 nog steeds as Jan Grobler. Die volgende oordrag vind eers plaas op 16 Februarie 1742 ten gunste van Pieter de Villiers Senior (b1). Hier is die transport akte van Jan Grobler se aankoop [met dank aan Paul de Villiers van Landskroon en Hennie de Vos, geskiedkundige]:

Transport akte 1.jpg


Transport akte 2.jpg


Transport akte 3.jpg


Jan Grobler se opgawes - soos verwerk deur Dr. P.M. Grobbelaar - word hier onder weergee. Dit blyk of die opgawelyste van 1727 en 1731 onvolledig is. Die aantal seuns verminder van 5 na 4 in 1734 wat impliseer dat die oudste seun, Jan oorlede is tussen die opgawe van 1733 en 1734 op die ouderdom van 17 of 18[Notas 24].

1726 1727 1728 1729 1730 1731 1732 1733 1734 1735
Mans 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Vroue 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Seuns 4 4 4 4 4 5 5 5 4 4
Doglers 3 3 4 4 4 4 4 5 5 5
Slawe 6 5 5 5 4 4 3 2 2
Slavinne 1 0 0 0 0 0 0 0 0
Slawemeisies 0 0 0 0 0 0 0 0 0
Perde 4 8 6 7 0 6 10 10 12
Beeste 20 30 30 13 13 20 24 20 20
Skape 0 0 100 100 100 50 60 100 150
Varke 0 0 0 0 0 0 0 0 0
Wynstokke 8000 20000 20000 20000 0 15000 15000 15000 15000
Leggers wyn 4 2 3 3 0 4 4 5 10
Koring gesaai 6 10 4 5 0 5 5 3 3
Koring geoes 15 10 25 4 0 20 20 15 10
Rog gesaai 0 0 2 1 0 0 1 ½ 1
Rog geoes 0 0 30 5 0 0 5 3 5
Gars gesaai 0 0 0 0 0 0 0 0 0
Gars geoes 0 0 0 0 0 0 0 0 0
Snaphaan 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Swaard 1 1 1 1 1 1 1 1 1

Die Eerste Geslag[wysig]

Jan Grobler is getroud met Gertruij Knoetzen na raming op of voor 9 Mei 1715[Notas 25], en hulle het 11 kinders gehad. Daar is geen huweliks rekord te vinde vir hulle in die Kaapse huweliksregisters nie, maar die vermoede bestaan dat hulle dalk in die Franse kerk in Drakenstein getroud is, synde Gertruij Knoetzen in die Franse kerk se doopregister geregistreer is, maar die Franse kerk se huweliksrekords van 1715 is soek. Dit impliseer egter dat hy en sy familie in die Drakenstein area gebly het. So, nadat hy 'n vryburger geword het, het hy uitgewyk van Rondebosch na Drakenstein.

Hier is die dooprekord van Nicolaas[Notas 26]:

Nicholaas Grobbelaar doop register 1723 ekstrak.jpg

Jan Grobler se oudste seun, Jan is vroeg oorlede op 17 of 18 jarige ouderdom en het nie 'n nageslag agtergelaat nie. Die tweede en derde seuns, Petrus en Nicolaas, se nageslagte dra oor die algemeen die van Grobler; terwyl die afstammelinge van die twee jongste seuns, Coert en Cornelis, die van Grobbelaar dra. Aangesien die bevolking eksponentiëel groei, en Nicolaas en Petrus saam meer seuns gehad het as Coert en Cornelis, is daar vandag meer Groblers as Grobbelaars in 'n verhouding van ongeveer 4:1.

Boedel[wysig]

Jan Grobler is oorlede op 8 Augustus 1735. Dié datum word aangegee in die laaste inskrywing vir hom in die skeepssoldyboek. Dit sê iets in die lyn van dat hy is oorlede sonder testament en het sy vrou en kinders agtergelaat. En iets van dat die Companjie nie in kennis gestel is daarvan tot in 1738 nie. [Notas 27].

Sy boedel [24] was bankrot. Indien hy bankrot was sou sy weduwee die plaas verloor het maar dit lyk op sy aangebly het na 1735 tot 1742.

Groblers Buite Suid-Afrika[wysig]

Argentinië[wysig]

Een Grobler familie het na Argentinië emigreer na die einde van die Boere Oorlog. Dit was Nicolaas Grobler, sy vrou en drie van hulle kinders. Volgens Dr. Brian Du Toit[25] het hulle vertrek uit Kaapstad op 21 Oktober 1905 aan boord van die Highland Fling, ‘n Britse vragskip, na Buenos Aires as deel van Trek IV. Na 17 dae in Buenos Aires vertrek hulle na Chubut aan boord van die Presidente Roca. Hulle het arriveer in Comodoro Rivadavia op 5 Desember 1903.

Nicolaas en sy vrou was ook neef en niggie synde hulle dieselfde oupa gehad het b5.c4.d1:

b5.c4.d1.e6.f4. Nicolaas Jacobus GROBLER *1859.05.21 -1859.06.19 (Burgersdorp) t1932.06.04 (Argentinië) x 1881.04.11 (Burgersdorp) Beatrix Gertruida Catharina GROBLER *1863.04.26 – 1863.08.09 (Burgersdorp) t1930.0l.01 (Argentina) d.v. Paul Johannes GROBLER & Magdeld Magdalena Hendrina STRYDOM (b5.c4.dl.e9)

Dit is nie seker watter van die kinders saam is nie, maar waarskynlik die jongste drie wat dogters was, wat dalk verklaar hoekom daar nie vandag Groblers in Argentinië te vinde is nie. Die kinders was:

g1. Magdeld Magdalena Hendrika *1882.01.12 1882.02.12 (Burgersdorp) x Andries Jacobus de KLERK
g2. Maria Magdalena * 1883.09.07 – 1883.10.07 (Burgersdorp) x Abraham Jacobus VENTER
g3. Beatrix Gertruida Catharina *1885.04.04 – 1885.05.10 (Burgersdorp)
g4. Johanna Gertruida Margaretha *1887.03.24 -1887.05.01 (Burgersdorp) x Hendrik Johannes Charles VERWEY
g5. Hendrik Christoffel Ignatius * 1890.06.21 -1890.07.27 (Burgersdorp) t1932 Ongetroud
g6. Johanna Catharina *1893.09.15 -1893.10.29 (Burgersdorp)
g7. Engela Gertruida Susanna *1897.10.11 – 1897.12.08 (Burgersdorp) x Jan BLACKIE
g8. Paulina Johanna Catharina *1902.11.08 – 1902.12.21 (Burgersdorp) x SB van der MERWE

Die van word Grobelaar gespel op hierdie gedenkteken:

Grobelaar gedenkteken.JPG


Duitsland[wysig]

Fonetiese Variasies van Grobler[wysig]

Vanne is foneties gespel en as mens verder wil terugdelf, moet jy noodwendig ander moontlike fonetiese variasies insluit in die soektog. In Duitsland kry ons ook die volgende direkte fonetiese variasies van Grobler[17] wat by die lys gevoeg moet word:

Foneties soortgelyk aan grobler.JPG


In Duitsland kry ons ook die volgende direkte fonetiese variasies van Gröbler[18] wat by die lys gevoeg moet word:

Fonetiese variasies Gröbler.jpg


Duitse Stamregister[wysig]

In die Duitse stamregister [26] wat bestaan uit 212 volumes is daar net een verwysing na Grobler naamlik Marie Gröblerz wat op 10 Okt 1687 getroud is met Peter Lüpnitz in Schönfließ. Schönfließ was destyds in Pruisse en later geïnkorporeer in Koningsberg, wat Kaliningrad geword het nadat Rusland dit beset het. In hierdie deel van die wêreld oorvleuel die Duitsers en Slawiese mense. Die spelling van Gröblerz met ‘n “z” aan die einde is tipies Pools, wat kan impliseer dat sy van ‘n Poolse familie afkomstig was. Die rede hoekom daar nie meer Groblers in hierdie stamregister is nie, is heel waarskynlik omdat dié stamregister eksklusief bedoel was vir die adelstand – die opstellers het nie belangestel in gewone mense nie (implisiet neem ek aan Grobler was nie deel van die adelstand nie). Buiten die Duitse stamregister, het ek egter Grobler teëgekom in 'n paar Duitse genealogiese studies wat hier weergee word: Duitse Genealogiese Rekords.

Marie Gröblerz wat op 10 Okt 1687 getroud is


Genealogiese Studies[wysig]

Ek het 'n paar Grobler verwysings gekry in Duitse genealogiese studies[19]. Hier onder is 'n stamboom van Hans Grobler (Grobleben) se eerste vier geslagte afstammelinge. Die plek van geboorte van meeste van hulle is Sanne wat so 15 km noord is van Tangermünde wat aangegee word is Jan Grobler se plek van herkoms.

Hier is 'n rekord van Anna Grobler[27], wat op 13 Nov. 1660 getroud is met Heinrich Oeltze. Die geboorteplek Fischbeck is reg oorkant Tangermünde op die ander oewer van die Elbe rivier. Die geboorteplek Schönhausen-Elbe is aangrensend noord van Fischbeck aan die oewer van die Elbe.

Anna Grobler.JPG

Hier is 'n rekord van Hans Grobler[27] wat op 25 Mei 1707 getroud is met Maria Feie in Schönhausen-Elbe.

Hans-Grobler.jpg Hans-grobler-2.jpg

Kerkregisters[wysig]

Daar bestaan mikrofilm rekords van bykans elke kerk in Duitsland se kerkregisters. Hier is bv. ‘n kaart uit Hansen[28] van die pastorieë in die nabyheid van Tangermünde (no. 25 regterkant in die middel) waarvan mikrofilm rekords bestaan (“landkreis” = distrik, “stadtkreis” = dorpsgebied):

Microfilm-rekords.jpg


Hierdie mikrofilm rekords is nog nie geïndekseer nie, wat beteken dit bestaan net in fotografiese formaat en is nog nie geïnterpreteer en getranskribeer nie. Jy kan blykbaar volunteer om deel te neem aan so projek. In elk geval, hier is die mikrofilm rekord nommers wat ek dink is interessant, alhoewel dit nie die tydperk dek van Jan Grobler se voorsate nie:

Grobleben, Lutherse, 1336041 (Oostheeren), 1808-1813, 1815-1868
Grobleben, Katoliek, 1861646 (Landkreis Stendal), 1897-1902
Jerichow, Gereformeerd, 1335265, 1794-1831, 1808-1874
Stendal, Gereformeerd, 1190694, 1808-1874
Tangermünde, Joodse, 1185018, 1820-1860
Tangermünde, Lutherse, 1190654, 1808-1874
Tangermünde, Katoliek, 1861646 (Landkreis Stendal), 1897-1902
Tangerhütte, Luthers, 1190652 (Väthen), 1808-1874
Tangerhütte, Katoliek, 1861646 (Landkreis Stendal), 1897-1902

Ek het bogenoemde mikrofilms interessantheidsonthalwe deurgegaan en wel 'n paar Grobler rekords opgediep alhoewel nie uit die era van Jan Grobler nie. Ek het (tot dusvêr) geen Grobler rekords in the Tangermünde of Grobleben kerkboeke gesien nie, maar wel ‘n paar Groblers gekry in die Tangerhütte kerkboeke. Die voornaam Jan is ook blykbaar nie so algemeen in Duitsland nie. Die voornaam Johann is baie, baie algemeen. Die naam word ook soms Johan geskryf – so 1 uit 50 keer sou ek raam. Ek het nie een inskrywing gesien vir ‘n Jan nie. Dit kan dui daarop dat die name Jan Grobler 'n meer waarskynlike oorsprong het uit Sentraal Europese buurstate van Duitsland. Jan is hedendaags heel populêr as manlike voornaam in die Tjeggiese Republiek en Poland, so miskien dui dit op ‘n oorsprong van een van hierdie lande.

Hedendaase Verspreiding[wysig]

Grobler is nie hedendaags algemeen in Duitsland nie. In Duitsland is daar slegs 84 telefoonboek inskrywings met die van Grobler en ongeveer 224 persone met hierdie van, asook 55 telefoonboek inskrywings met die van Gröbler en ongeveer 146 persone met hierdie van. In ‘n bevolking van 81.4 miljoen is dit ‘n nietige persentasie.

Die Groblers bly in 36 stede en distrikte. Die grootste enkele aantal is in Jerichower Land, naamlik 9. Ander distrikte/stede met Groblers is Altmark Salzwedel (8), Verden (7), Neunkirchen (6), Hildesheim (4), Bremen (4) Essen (4), Esslingen (4), Stendal (4) en Neumünster met drie inskrywings. Tog is dit interessant dat vier distrikte met hoër konsentrasies nl. Jerichower Land, Stendal, Altmark Salzwedel en Ohrekreis (die 2 rooi, oranje en geel aangrensende areas op die kaart onder) rondom Tangermünde geleë is.

Grobler hedendaagse verspreiding in Duitsland.png


Die Gröblers bly in 27 stede en distrikte met die hoogste aantal (9) in Heidenheim. Dit lyk vir my of daar ‘n redelike korrelasie is tussen die liggings van hedendaagse Groblers en Gröblers as ek die kaarte bo en onder vergelyk.

Gröbler hededaagse verspreiding in duitsland.JPG


Poland[wysig]

Ek kon geen Grobler rekords opspoor van Poland wat dateer voor die 1800’s nie. Behalwe vir een verdwaalde rekord in die VSA immigrasie databasis vir Dorothy Grobler (< 1858) van Poland, is al die ander rekords Joodse rekords[20] waarvan hierdie ‘n tipiese voorbeeld is vanuit die Kraków ghetto:

GROBLER, Emilia, 1890
GROBLER, Laura, 1896
GROBLER, Leon, 1912
GROBLER, Natan, 1914
GROBLER, Sara, 1875

Daar is twee Groblers op Schindler’s List[21]:

GROBLER, Leon, 2.2.12, Bauschosser Ges.
GROBLER, Samuel, 14.7.99, Bau-u. Kunstschloss

Daar is ook twee Groblers in die register van Jode wat die Holocaust oorleef het[22]:

GROBLER, Estera Eda (ZUCKER), 1915, Krakow, bevry van Rentzmuhler Kamp
GROBLER, Wanda, 1924, Krakow, bevry van Bergen-Beltzen Kamp

Die slimste Grobler in Poland is Dr. Adam Grobler wat ‘n filosoof is. Ek was in kontak met hom maar hy dra nie kennis van sy voorgeslagte vroër as sy oupa nie. Hy sê vandat hy kan onthou was hulle in die Kraków omgewing.

Grobler is nie ‘n algemene van in Poland nie. Daar is hedendaags net 6 Groblers in Poland almal in die Kraków omgewing.

Slovenië[wysig]

Ek was verbaas om te vind dat - volgens taal - is die vierde grootste versameling werke deur ‘n Grobler outeur, Sloveens[23]. Dit is naas Engels, Afrikaans en Duits:

Taal (aantal werke)
Engels (3899)
Afrikaans (1101)
Onbekend (399)
Duits (115)
Sloveens (98)
Pools (35) [Notas 28]
Hollands (34)

Die lys van Duitse werke sluit werke van Suid-Afrikaanse outeurs in wat vertaal is, maar ek het nie gekontroleer daarvoor nie. Dit gee nogtans vir ons ‘n idee waar in die wêreld daar Groblers is. Dit is duidelik dat Grobler oorwegend ‘n Suid-Afrikaanse van is.

Die slimste Grobler in Slovenië is Dr. Marinka Grobler. Ek het haar probeer kontak maar sonder sukses.

Hier is ‘n lys van outeurs van Slovenië met die van Grobler.

Ana Grobler
Andrej Grobler
Boris Grobler
Boštjan Grobler
Jernej Grobler
Jože Grobler
Lucija Grobler
Maja Grobler
Marinka Grobler
Marko Grobler
Mateja Grobler
Matjaž Grobler
Miro Grobler
Mojca Grobler
Polona Grobler
Vladimir Grobler

VSA[wysig]

Familysearch.org[24] het rekords van Groblers wat gebore is in Duitsland wat gekoppel is aan immigrasie na die VSA:

Agatha Grobler, 1843, VSA Immigrant
Augustus W Grobler, Jun 1836, VSA Immigrant
Carl Grobler, 1873, VSA Immigrant
Carl Gröbler, 06 Jun 1836
Elizabeth Grobler, < 1853
Emilie Hedwig Gröbler, 03 OCT 1872
Fred Grobler, 1909 VSA Immigrant
Fred Grobler, 1888 VSA Immigrant
Fred H Grobler, 05 Apr 1897 VSA Immigrant
Friedrich Grobler, 21 Jun 1887 VSA Immigrant
Friedrich Gröbler, 04 Nov 1833
Fritz Grobler, 1909, VSA Immigrant
Fritz Gröbler, 07 Nov 1884
Karl Grobler, < 1888, VSA Immigrant
Karl Ludwig August Gröbler, 17 Sep 1852
Leonhard Grobler, 1852, VSA Immigrant
Louise Grobler, 1902, VSA Immigrant
Maria Dorothea Carolina Gröbler, 25 MAR 1821
Mary Grobler Aug, 1824, VSA Immigrant
Michael Grobler, 1865, VSA Immigrant
Moritz Grobler, 1858
Otto Gröbler, 1913, VSA Immigrant
Richard Max Gröbler, 24 Jun 1874
Theodore Grobler, 1843

Rekords van VSA Immigrante van Europa anders as Duitsland (Naam, Geboortejaar, Land van Herkoms):

Caroline Grobler, 1870, Oostenryk
David Grobler, 26 Feb 186,7 Hongarye
Dorothy Grobler, < 1858, Poland
Friedrich Josef Grobler, 09 Oct 1913, Luxemborg
Israel Grobler, 1881, Rusland
Johanna Grobler, 1887, Hongarye
Maria Grobler, <1890, Oostenryk
Max Grobler, 1888, Rusland
Michael Grobler, 1864, Oostenryk
Ray Grobler, 1888, Rusland
Serena Grobler, 1893, Denemarke

Kontak Inligting[wysig]

Notas[wysig]

  1. S. Grobler beteken "a signature exists of the person" as Grobler
  2. Die minimum ouderdom van 19 jaar, gemiddelde ouderdom van 24 jaar en maksimum van 32 jaar (in Gelder se data), impliseer geboortejare vir Jan Grobler van tussen 1686, 1681 en 1673; en gegee sy jaar van sterfte in 1735, impliseer dit leeftye van tussen 49, 54 an 62. Ek sou sê in alle waarksynlikheid was hy meer aan die jong kant by sy indiensname by die VOC.
  3. In teënstelling met latere nationale leërs saamgestel deur konskripsie van die bevolking
  4. Dit is die bedrag wat bo links in die skip se soldyboek aangedui word as ‘n skuld
  5. Loon van 'n arbeider, volgens die HAT. Waarskynlik 'n verouderede term
  6. Inhoudsopgawe
  7. Adij: op de dag. Latijn ad diem [ook: adij] per VOC-Glossarium, Instituut voor Nederlandse Geschiedenis Den Haag / 2000
  8. Die transportbrief was 'n verhandelbare instrument en betaalbaar aan die houer. Dit verhandeling van transportbriewe was groot besigheid gewees
  9. 'n Barent Willems het in 1699 uitgevaar met die Hof van Ilpendam maar teruggekeer na Nederland waar hy seker in die transportbrief besigheid betrokke geraak het.
  10. Die afkorting gem: kan ook vir gemalin wees wat eggenoot of vrou beteken. Gemalin word egter net gebruik om na die eggenoot van 'n adelike of vorstelike man te verwys wat definitief nie van toepassing op die soldate en matrose in diens van die VOC was nie. Verder word gem: of gemachtigde elders in die soldyboek gebruik om na mans of vrouens te verwys
  11. 8ber is 'n afkorting vir Oktober waar okto Latyns is vir 8 en Oktober was die agste maand in die Romeinse kalender
  12. Let wel dat die 8.5 maande in dié inskrywing foutief is - pper bladsy 271 waar dit bereken word is dit 5.5 maande
  13. Dus 5.5 maande X ƒ9 = ƒ49.5 = ƒ49:10
  14. Idem is Latyns vir "dieselfde" en verwys na die bogenoemde inskrywing dus na die Edele Kompanjie en te quaat dui op kwaad - nie goed nie - want balans is negatief
  15. ult:o is die afkorting vir ultimo. Volgens WNT is dit "Op den laatsten (dag van de maand); eind —. Steeds gevolgd door den naam van een maand of het woord maand."
  16. 9. Ik heb in de archiefdienst van de plaats waar volgens de database de opvarende vandaan komt, geen gegevens over de opvarende kunnen vinden.
    De plaats van herkomst is niet in alle gevallen de geboorteplaats van de opvarende. Soms kan het ook zijn laatste woon- of verblijfplaats zijn.
  17. :In een monsterrol vindt men van een opvarende
    1. . Voornaam en familienaam
    2. . Geboorteplaats of plaats van herkomst
    3. . Rang in het jaar waarop de rol betrekking heeft (“presente qualiteyt”)
    4. . Jaar van aankomst in de Oost
    5. . Naam van het schip waarmee hij in de Oost arriveerde (soms staat op deze plaats de vermelding “in dienst” d.w.z. dat de dienaar in Indië is geboren of buiten VOC-dienst in Indië is gearriveerd).
    6. . Rang bij indiensttreding bij de VOC
    7. . Kamer van indiensttreding
  18. :In een scheepssoldijboek staan in een debet en credit kolom de volgende gegevens betreffende een opvarende:
    1. . Voornaam en familienaam
    2. . Plaats van herkomst
    3. . Rang bij indiensttreding
    4. . Gage
    5. . Duur reis naar Indië
    6. . Eventuele vermelding betreffende het maken van een testament of een “maandceel”
    7. . Eventuele kosten uitrusting of eventuele uitkeringen door de VOC in de Republiek aan familie, laatste uitkering aan de opvarende, overlijdensdatum, of vertrekdatum uit Indië
  19. Ek het dié kerkboeke opgespoor by die argiewe van die Lutherse kerk in Stendal [1]
  20. Die Kaap die Goeie Hoop, soos dit vandag bekend staan, het in die sewentiende eeu bekend gestaan as Cabo da Boa Esperança soos vernoem deur die Portugese wat eerste dié seeroete om die Kaap ontdek het. Die Portugese benaming is ook tipies gebruik op die VOC se kaarte wat in die sewentiende eeu geproduseer is. Onder andere genoem:
    Cabo de Bonesperança
    Cabo de bon ’esperance
    Cabo de Bonn ‘Espe’rance’
    C de Boa Esperanca
    CABO de BONA SPERANCA
  21. Die monsterrole van 1706 en 1707 word vermis, klaarblyklik toegeskryf aan die laaste twee jare van W. A. van der Stel se bewind wat bietjie chaoties was
  22. Rustenburgh en Rondebosje was een en dieselfde plek. Vandag staan die net bekend as Rondebos
  23. Die simbool f is vir ‘n ouer geldeenheid die floryn, maar is ook gebruik om gulden aan te dui, wat die geldeenheid was van Nederland vanaf die 17de eeu tot 2002 en dus ook van die Kaap in die 1700’s.
  24. Jan is gebore in Februarie 1716. Hy is nie getroud nie terwyl die ander 4 seuns na 1735 getroud is. Jan oftewel Johannes word egter steeds in die boedel vermeld waarvan afgelei kan word dat die boedel nie ne lewende kinders vermeld het nie
  25. 280 dae voor die geboorte van hulle eerte kind Jan Grobbelaar op 9 Februarie 1716
  26. Nicolaas se afstammelinge het egter die van Grobler gehou
  27. Na ‘n skip se aankoms in Batavia, is die soldyboek daar verder gehandhaaf aan land. Elke skip vaartog was soos een projek. Die Kaap de Goeie Hoop is bestuur uit Batavia uit, en as gevolg van die afstand was daar vanselfsprekend ‘n gaping in die opdateering van die boeke. ‘n Duplikaat van die soldyboek is ook terug na die VOC Kamer in Nederland en ek is nie seker wat die boekhou proses presies behels het nie
  28. Al die Poolse werke blyk te wees deur Dr. Adam Grobler, dus slegs een Grobler outeur in Poland

Bronnelys[wysig]

  1. Duden, FAMILIENNAMEN, Herkunft und Bedeutung, Bearbeitet von Rosa und Volker Kohlheim, Dudenverlag, 2000
  2. Guggenheimer, Eva H. and Heinrich W. Jewish Family Names & Their Origins: An Etymological Dictionary, Second Edition, 2017
  3. Koerner. Görlitz, S. (1889 – 2.1889; 3.1894 – 18.1910). Genealogisches Handbuch bürgerlicher Familien : ein deutsches Geschlechterbuch.
  4. Ridel Adolph Friederich (Ed.) et al., CODEX DIPLOMATICUS BRANDENBURGENSIS - SAMMLUNG DER URKUNDEN QUELLENSCRIFTEN FÜR DIE GESCHICHTE DER MARK BRANDENBURG UND IHRER REGENTEN, 1876
  5. J. Langer, Die altmärkischen Ortsnamen auf -ingen und -leben, Zeitsz 1898, Druck von W. Ronneburger
  6. Privaat kommunikasie per epos van Mariusz Kowalski van 14 November 2017
  7. De Villiers, C. C. (1884-1893). Geslacht-register der Oude Kaapsche Familien. Kaapstad: VAN DE SAND.’ DE VILLIERS &_Co., BEPERKT, DRUKKERS
  8. 8,0 8,1 J. Hoge, Personalia of the Germans at the Cape, 1652-1806, Cape Town : Cape Times, [1946]
  9. Pama, C, DIE GROOT AFRIKAANSE FAMILIENAAMBOEK, Human & Rousseau, Kaapstad, 1983
  10. Malherbe, D. F. (1966). Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk. Stellenbosch: TEGNIEK.
  11. 11,0 11,1 Grobler, C. L. (1987). Die Grobler-Grobbelaar Geslagsregister, ISBN 0 620 10291 8, Posbus 6036, 2526, Bailliepark
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 PAUL MARAIS GROBBELAAR, DIE VROEË GESLAGTE GROBBELAARS VAN CYFERFONTEIN, DISTRIK BETHULIE, IN DIE SUIDOOS-VRYSTAAT, 1861-1939, PROEFSKRIF voorgelê om te voldoen aan die vereistes vir die graad DOCTOR PHILOSOPHIAE, UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
  13. Dr. George McCall Theal, HISTORY AND ETHNOGRAPHY OF AFRICA SOUTH OF THE ZAMBESI", London, Swan Sonnenschein & CO., Lim., 1909, Volume II, p. 459
  14. 14,0 14,1 14,2 14,3 Van Gelder, Roedolf, “Het Oost-Indisch avontuur. Duitsers in diens van de VOC (1600-1800)”
  15. Karel Schoeman, 'n Duitser aan die Kaap, 1724-1765, Die lewe en loopbaan van Hendrik Schoeman,Protea Boekhuis. Pretoria, 2004
  16. Dutch-Asiatic Shipping in the Seventeenth and Eighteenth Centuries deur J.R. Bruijn, F.S. Gaastra en I. Schöffer (Den Haag 1979-1987)
  17. 17,0 17,1 Nationaal Archief, Den Haag, Verenigde Oostindische Compagnie (VOC), nummer toegang 1.04.02, inventarisnummer 5549, Hof van Ilpendam: Grootboek en journaal 1705-1705. (VERKORT: NL-HaNA, VOC, 1.04.02, inv.nr. 5549)[2]
  18. 18,0 18,1 Valentyn, François. Oud en Nieuw Oost-indiën vervattende een naaukeurige en uitvoerige verhandelinge van Nederlands mogentheyd in die gewesten. Dordrecht/Amsterdam: Joannes van Braam/Gerard Onder de Linden, MDCCXXIV
  19. Nationaal Archief, Den Haag, Verzameling Buitenlandse Kaarten Leupe, nummer toegang 4.VEL, inventarisnummer 100
  20. Cape Transcripts, TEPC-two hundred centuries transcribed, 1673-1834
  21. 21,0 21,1 Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap die wêreld van 'n slavin, 1652-1733
  22. MOOC8/2.92
  23. Resolusies van die Politieke Raad, C. 39, pp. 18-21
  24. MOOC8/5.90
  25. Du Toit, B (1995) Colonia Boer: An Afrikaner Settlement in Chubut, Argentina. Lewiston, N.Y.: Edwin Mellen Press, ISBN 978-0-7734-8975-2)
  26. Koerner. Görlitz, S. (1889 – 2.1889; 3.1894 – 18.1910). Genealogisches Handbuch bürgerlicher Familien : ein deutsches Geschlechterbuch.
  27. 27,0 27,1 Bernhard Bleis, Familienbuch Schönhausen-Elbe : (Landkreis Stendal) 1650 bis 1900, mit Schönhausen-Damm, Leipzig : Arbeitsgemeinschaft für mitteldeutsche Familienforschung, 2005.
  28. Hansen, K. M. (2009). MAP GUIDE TO GERMAN PARISH REGISTERS, Kingdom of Prussia, Province of Sachsen III, Regierungsbezirk Magdeburg, with full index of included towns, Family Roots Publishing Company, P.O. Box 830, Bountiful, Utah 84011, www.FamilyRootsPublishing.com