Poland

Ek kon geen Grobler rekords opspoor van Poland wat dateer voor die 1800’s nie.  Behalwe vir een verdwaalde rekord in die VSA immigrasie databasis vir Dorothy Grobler ( < 1858) van Poland, is al die ander rekords  Joodse rekords waarvan hierdie ‘n tipiese voorbeeld is vanuit die Kraków ghetto:

  • GROBLER, Emilia, 1890
  • GROBLER, Laura, 1896
  • GROBLER,  Leon,  1912
  • GROBLER, Natan, 1914
  • GROBLER,  Sara,  1875

Daar is twee Groblers op Schindler’s List:

  • GROBLER, Leon, 2.2.12, Bauschosser Ges.
  • GROBLER, Samuel, 14.7.99, Bau-u. Kunstschloss

Daar is ook twee Groblers in die register van Jode wat die Holocaust oorleef het:

  • GROBLER, Estera Eda (ZUCKER), 1915, Krakow, bevry van Rentzmuhler Kamp
  • GROBLER, Wanda, 1924, Krakow, bevry van Bergen-Beltzen Kamp

Die slimste Grobler in Poland is Dr. Adam Grobler wat ‘n filosoof is.  Ek was in kontak met hom maar hy dra nie kennis van sy voorgeslagte vroër as sy oupa nie. Hy sê vandat hy kan onthou was hulle in die Kraków omgewing.  

Grobler is nie ‘n algemene van in Poland nie.  Daar is hedendaags net 6 Groblers in Poland almal in die Kraków omgewing:

Verspreiding van Grobler in Poland